Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, gaan op 21 Mei ’n nuwe begroting indien.

Hy sê die hersiene begroting volg nadat die plan om BTW te verhoog gekeer is.

Eyewitness News berig Godongwana het Woensdagmiddag tydens ’n mediakonferensie gesê die begroting moet staatskoste beperk en werkskepping aanmoedig.

Hy sê die gesprekke binne die Regering van Nasionale Eenheid was moeilik, maar dat hy nie skuld gaan toewys nie.

Godongwana sê hy vertrou dat lede van die parlement die begroting sal oorweeg en glo samewerking kan die ekonomie op ’n beter pad plaas.

error: Inhoud is beskerm !!