Voorstanders van openbare gesondheid het ‘n beroep op die minister van Finansies, Enoch Godongwana, gedoen om die suikerbelasting te verhoog.
Meer as 100 gesondheidsorgwerkers en dosyne organisasies het ‘n petisie onderteken wat ook ‘n beroep op die minister doen om vrugtesappe te belas.
Die petisie sê die verhoging van die heffings vir soet drankies sal vetsug en tipe twee-diabetes verminder.
Gesondheidsvoorstanders wil hê dat die suikerbelasting tot 20% verhoog moet word volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se minimum standaard.
Godongwana het ‘n beplande verhoging van die gesondheidsbevorderingsheffing op 1 April in sy konsepbegroting geskrap.