Die finale oorverhalings op brandstofpryse vir November is vandag bekendgemaak en sal die derde grootste verlaging in die petrolprys die afgelope twee jaar wees. Netwerk 24 berig as die balansfondsheffing onveranderd bly, behoort die prys van 95-oktaan petrol met R2,01 per liter te daal. Die prys van diesel behoort met meer as een rand per liter te daal. Hoewel dit nie ‘n groot daling is nie, kan dit ‘n positiewe uitwerking in die ekonomie hê. Diesel wat gebruik word vir kragopwekkers, in die landboubedryf asook die vervoer van produkte winkels toe, word goedkoper. Internasionale brandstofpryse het in die oorsigmaand vir November stewig gedaal maar die swakker rand het verhoed dat pryse verder daal.
