Motoriste wat in Desember die langpad gaan aandurf om te gaan vakansie hou, kan moontlik begin uitsien na die ‘n stewige daling in die brandstofprys. Netwerk 24 berig die verwagting is dat diesel en petrol goedkoper gaan word as in Desember 2022. Dit lyk asof diesel met meer as twee rand per liter goedkoper gaan word. Dit beteken ‘n groot inspuiting vir die ekonomie, veral landbou asook verligting vir verbruikers wat kragopwekkers gebruik. Petrol sal onderskeidelik met een-rand 15 en een-rand 18 daal vir 95-oktaan en 93 oktaan. Ongelukkig is die oorverhalings net bygewerk tot 10 November terwyl daar nog 20 dae oorbly voordat die finale prys op 6 Desember ingestel word.