Die departement van toerisme vat nou hande met Google, ten einde die toerismebedryf in Suid-Afrika ‘n broodnodige hupstoot te gee.
Minister Patricia de Lille en Google se SA-hoof, het ’n samewerkingsooreenkoms onderteken, waarvolgens Google-tegnologie ingespan sal word, om Suid-Afrika as wêreldklas-toerismebestemming te help vestig.
Digitale hulpmiddels sal ook ingespan word vir beter toeriste-ervarings.
Luidens ‘n departementele verklaring, het geen geld van hand verwissel om die ooreenkoms in plek te stel nie.