Gqeberha in die Oos-Kaap is as die gevaarlikste stad in Suid-Afrika aangewys. Die Mexikaanse Raad vir Openbare Veiligheid en Strafreg het sy 2023/24-lys van die top 50 gewelddadigste stede gepubliseer.
Volgens die verslag het Gqeberha nege plekke op die wêreldranglys opgespring om die top tien op nommer nege te haal. Gqeberha se moordsyfer het vanaf 57 per 100-duisend mense in 2022/23 tot 78-komma-drie in 2023/24 toegeneem. Durban, Kaapstad en Johannesburg het ook die lys gehaal in onderskeidelik die 16de, 17de en 26de plek.