‘n Graad 6-leerling van Zastron in die Vrystaat is na bewering Woensdag na skool deur ‘n medeleerling in sy graad met ‘n mes doodgesteek. Netwerk24 berig die twee het glo vroeër die dag by die skool baklei. Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, het gesê die leerling van Zama Primary School het op pad na die hospitaal in ‘n onderwyseres se motor gesterf. Hy het gesê die seuns het by die skool baklei nadat die verdagte die oorledene glo geboelie het en hom met ‘n lepel probeer steek het. Die skoolhoof het die verdagte huis toe gestuur om sy ouers te gaan haal, maar hy het met ‘n mes teruggekom waarmee hy die oorledene in die bors gesteek het. Die polisie ondersoek die saak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×