Die 35-jarige Gospel-kunstenaar en skrywer Jonathan McReynolds stel Februarie ‘n nuwe boek, genaamd “Before You Climb Any Higher: Mountain Wisdom for Valley Dreams” vry.

The Christian Post berig McReynolds is geen vreemdeling vir bergtop-oomblikke nie.

Hy het reeds meer as ‘n dekade daaraan bestee om kontemporêre Christelike musiek met sy siel-aangrypende lirieke te vorm en in die proses talle toekennings gewen.

In 2025 het hy ‘n nuwe hoogtepunt bereik deur ‘n Grammy-toekenning vir Beste Gospel-uitvoering/-liedjie by vanjaar se seremonie te wen.

McReynolds het aan The Christian Post gesê in antieke tye het mense nie op berge hul huise gevestig nie, maar in valleie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×