Inwoners van Grassland Fase 3 in Bloemfontein het ‘n memorandum van eise vir basiese dienste by die Kantoor van die Stadsbestuurder by die Bram Fischer-gebou afgelewer.
Volgens die Manguang Metro Munisipaliteit kla inwoners dat hulle al vir meer as twee dekades afgeskeep word, en dat hulle in ‘n gebied woon wat geen dienste het nie.
Hulle voeg by dat die inwoners steeds van puttoilette gebruik maak en nie tot lopende water toegang het nie. Twee kinders het reeds ernstige velskade opgedoen nadat hulle in een van die selfopgerigte toilette geval het. Stadsbestuurder Sello More het die memorandum namens die Stad ontvang.