Terwyl gratis Nasionale Parkeweek vandag by meeste Sanparke begin en tot 24 September duur, is veiligheid ook by die Numbi-hek van die Krugerwildtuin ingestel om besoekers veilig te hou. Daar was die afgelope twee jaar verskeie voorvalle van roof naby die hek. Hapiloe Sello, uitvoerende hoof van Sanparke het aan Netwerk 24 gesê die patrolliemotors in daardie gebied werp vrugte af. ‘n Duitse toeris is ook verelde jaar naby Witrivier vermoor. Intussen het die minister van omgewingsake, Barbara Creecy, gesê sy is trots dat die Krugerwildtuin as Suid-Afrika se amptelike “wêreldwonder” aangewys is deur die AllClear, ‘n internasionale mediese reisversekeraar. Die Taj Mahal is volgens AllClear die voorste wêreldwonder. 

error: Inhoud is beskerm !!