Twee beamptes van die Grensbestuursowerheid en sewe ander verdagtes gaan na verwagting op Donderdag weer in die Landdroshof in Musina verskyn vir ’n formele borgtogaansoek.

The South African berig die beamptes is Dinsdag by Beitbridge in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld aanvaar het om ongedokumenteerde migrante oor die grens te laat gaan.

Hulle het na bewering ‘n taxi sonder inspeksie deur die grenspos gelaat.

Die voertuig is later gestop en vyf migrante sonder geldige dokumente is gevind.

Al nege verdagtes het gister op aanklagte van korrupsie in die hof verskyn.

Die migrante is ook aangekla kragtens die Immigrasiewet.

Die polisie sê staatsamptenare wat die wet oortree, sal ernstig gestraf word.

error: Inhoud is beskerm !!