Grense word na verwagting aanstaande week heropen

Die departement van Binnelandse Sake sê hy is vol vertroue dat die heropening van grense aanstaande week vlot sal verloop.

Die Beitbrug-, Lebombo-, Maseru- en Ficksburg-grensposte sal na verwagting aanstaande week heropen.

Die waarnemende kommissaris vir die Grensbestuuragentskap, Gene Ravele, sê toetsing vir Covid-19 het bygedra tot die opeenhoping die vorige keer en daar was nie genoeg kapasiteit om die toetse te doen nie.

Hy sê ‘n span senior bestuurders sal aanstaande week die grensposte besoek om seker te maak alles is gereed vir die heropening van die grens.

Luister na potgooie hieronder