Grey-kollege gaan voort met onderrig

 Grey-kollege gaan voort met onderrig

Die vooraanstaande Bloemfonteinse seunskool Grey-kollege gaan voort met onderrig en is nie as geheel onder kwarantyn geplaas nie.

Só het die skoolhoof, Deon Scheepers, gesê nadat ‘n matriekleerling van Pietermaritzburg positief vir Covid-19 getoets het.

Hy het Sondag van die huis af teruggekeer en is in afsondering.

Die seun se koshuis is vir twee dae gesluit en die 19 ander seuns en personeel is onder kwarantyn in ‘n gastehuis.

Ontsmetting is aan die gang.