Die eiesoortige “Grey Brak van die Jaar”-trofee vir 2023 is postuum aan die wyle 18-jarige Armand Fourie toegeken. Luidens Netwerk24 word dié trofee jaarliks aan ‘n matrikulant toegeken wat Grey Kollege in Bloemfontein se waardes, volgens sy mede-matrieks, die beste verwesenlik.

Volgens die skool se hoof, Braam van Wyk, het die matrieks reeds in Junie, voor Fourie se afsterwe, vir die “Grey Brak van die Jaar” gestem. Sy pa, Andries, het Armand se trofee in ontvangs geneem.

Fourie se ma, Amanda, het in Augustus op haar seun se liggaam afgekom. Geen misdaad word
vermoed nie.

Rosestad-nuus het berig ‘n kankergewas is in April vanjaar suksesvol uit sy dyspier verwyder. Nog ‘n soort kanker is egter hierna by hom gevind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×