Grey-kollege sluit sy koshuis en plaas sy inwonende matrieks en koshuis-onderwysers onder kwarantyn na ñ matriekleerling positief toets

 Grey-kollege sluit sy koshuis en plaas sy inwonende matrieks en koshuis-onderwysers onder kwarantyn na ñ matriekleerling positief toets

Grey-kollege in Bloemfontein het sy koshuis gesluit en sy inwonende matrieks en koshuis-onderwysers onder kwarantyn geplaas nadat een van die matriekleerlinge positief getoets het vir die Corona-virus.

Netwerk24 berig die leerling, afkomstig van Pietermaritzburg, het Dinsdag positief getoets nadat hy met ñ erge hoesbui en seer keel wakker geword het.

Hy het egter nooit koors ontwikkel nie.

Hy is in afsondering geplaas tot ñ familielid hom kom haal en laat toets het.

Die skoolhoof, Deon Scheepers, het die departemente van onderwys en gesondheid verwittig, wat die skool sal adviseer oor die pad vorentoe.