Jayden Leech, onderhoofseun van Grey Kollege Sekondêr, is as vanjaar se Matrikulant van die Jaar aangewys.

Vir meer as vier dekades gebruik die Universiteit van die Vrystaat (UV) sy jaarlikse Matrikulant van die Jaar-kompetisie om die land se topmatrikulante te lok. Hierdie gesogte toekenning erken en vier die uitsonderlike prestasies van Suid-Afrikaanse hoërskoolleerlinge wat uitblink in akademie, sport, kultuur en leierskap.

Volgens die UV staan Leech, onderhoofseun en hokkiekaptein by Grey Kollege, nie net uit vir sy akademiese gemiddeld van 90% nie, maar ook vir sy sportprestasies. Hy het Suid-Afrika in karate verteenwoordig en was die afgelope drie jaar lid van die Vrystaatse Hokkie- en Waterpolo-spanne.

Die kompetisie het vanjaar 60 aansoekers gelok, die Vrystaat het met 28 inskrywings voorgeloop, gevolg deur Noordwes, KwaZulu-Natal en Gauteng.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×