Die man wat in die Groblersdal hof tereg staan op klagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer is ‘n moontlike vlugrisiko.
Dit is luidens die Staat, rakende Piet Groenewald, die einaar van Wildlife Investigation & Protection Services, wat na bewering saam met sy stiefseun ‘n werker aangerand het.
Maroela Media berig Groenewald en Stephan Greeff is in Januarie in hegtenis geneem nadat hulle glo Veneruru Kavari aangerand het en ‘n hond aangehits het om hom te byt.
Nuwe inligting rakende Groenewald se vorige veroordelings is in die hof genoem, met die Staat wat aanvoer hulle is van die mening dat hy nie sal opdaag vir sy verhoor, indien hy borgtog toegestaan word nie.
Luidens die ondersoekbeampte in die saak is Groenewald in 2002 op onder meer twee aanklagte van moord gevonnis, maar het op die vlug geslaan en Portugal toe gegaan.