Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê hy is bekommerd oor die hoë aantal gewoontemisdadigers in Suid-Afrika se tronke.
Beskikbare syfers dui daarop dat nege uit elke tien veroordeelde misdadigers later weer by misdaad betrokke raak.
SABC-nuus berig Groenewald sê opvoeding is noodsaaklik om hulle te help om hul lewe om te keer. Die minister het dít gesê op ‘n nuuskonferensie waar hy die 2024-matriekslaagsyfer vir gevangenes bekendgemaak het.
Altesaam 171 gevangenes in 17 tronke oor die land heen het die eksamen afgelê, waarvan 96-komma-twee persent geslaag het. Groenewald sê baie meer moet egter gedoen word om te verhoed dat gevangenes ná hul vrylating weer misdaad pleeg.