Minister Pieter Groenewald wil R200 miljoen op gevangenis se dieet spaar.
Die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) het ’n nuwe maaltydplan ingestel om koste te besnoei, maar gevangenes kla dat dit hul gesondheid benadeel.
Volgens ‘n berig deur The South African sê die gevangenes dat hulle soms net sojabone, eiers, pap of droë brood kry.
DKD meen egter dat die plan deur ’n voedingsdeskundige opgestel is en vleis, eiers, vis en bone insluit.
Parlementêre ondersoekers het bevestig dat kombuise aan regulasies voldoen en gevangenes drie maaltye per dag ontvang.
Groenewald die geld wat gespaar word herlei na selfversorgingsprojekte soos voedselproduksie en meubelvervaardiging.
DKD ontken dat gevangenes honger gely word en sê die nuwe plan verseker voedsame en gebalanseerde etes.