Groep trek op na Uniegeboue uit protes teen plaasmoorde

 Groep trek op na Uniegeboue uit protes teen plaasmoorde

Die organisasie Unite Against Farm Murders, het gister weer standpunt ingeneem en ’n protesoptog na die Uniegeboue in Pretoria teen plaasmoorde gehou.

Hulle het deurgaans tydens die inperking teen moord op boere protes aangeteken. Die groep sê die regering het nog nooit op hulle eise gereageer nie, wat onder andere insluit dat plaasmoorde as ’n prioriteitsmisdaad geklassifiseer moet word.

’n Woordvoerder van die groep wat by die protes gepraat het, pastoor TJ Marais, het aan die SABC gesê dit is tyd dat die regering plaasaanvalle ernstig opneem.

Michiel Combrinck