Groep van ses Springbokspelers het Maandag in Bloemfontein na die oefenveld teruggekeer

 Groep van ses Springbokspelers het Maandag in Bloemfontein na die oefenveld teruggekeer

Foto: SA Rugby mag

‘n Klein maar entoesiastiese groep van ses Springbokspelers het Maandag in Bloemfontein na die oefenveld teruggekeer.

Dit was die eerste Bok-oefensessie sedert die Wêreldbeker eindstryd in 2019.

Die Suid-Afrikaners berei tans voor vir toetse teen Georgië en die Britse en Ierse Leeus.

Jesse Kriel , Willie le Roux, Malcom Marx , Franco Mostert, Kwagga Smith en Frans Steyn het hulle kondisioneringskamp van drie weke afgeskop met ‘n vroegoggendsessie in die gimnasium en twee veldsessies.

Die spelers wat in Suid-Afrika gesetel is, sal hulle Sondag na afloop van die laaste ronde van die plaaslike Reënboogbeker-reeks by die groep aansluit.

Die res van die oorsese spelers sal binne die volgende drie weke hul klubverpligtinge voltooi en na Suid-Afrika reis.

LeandreAdmin@