Onwettige grondbesetters beweeg te voet deur die Pellissier-woonbuurt om die polisie te ontwyk.
Rosestad-nuus se Anna Pauw berig vanaf die toneel dit kom nadat die polisie ingegryp het toe konflik tussen grondgrypers en die Rooimiere uitgebreek het.
Die polisie gryp nou volskaals in, en ‘n onbekende aantal besetters is glo reeds in hegtenis geneem.
LEES MEER: Openbare Orde Polisie fokus op wegbreek-groepe in Bloem se suide
Die Rooimiere is kragtens ‘n uitsettingsbevel van die hooggeregshof sedert vroeg vanoggend besig om onwettige woonstrukture af te breek. Intussen is daar onbevestigde gerugte dat dit die balju is, en nie die Mangaung-Metro nie, wat opdrag aan die rooimiere gegee het om die woonstrukture te verwyder.
Intussen sal minstens 22 mense wat vroeër die week in hegtenis geneem is, glo vandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn op aanklagte van openbare geweld en dat hulle ‘n hofbevel geminag het wat aan die Mangaung Metro toegestaan is.
1 Comment
Comments are closed.