Nog nooit het hy hierdie ingang na Bloemfonteinse suide so besig gesien nie. Dit volgens ‘n verslae inwoner wat ‘n kort rukkie gelede aan Rosestad-nuus gesê het daar is
‘n nimmer-eindigende stroom voertuie wat die stad van die suide af binne ry, om grond hier te kom beset.

Die man sê daar word teen die tyd reeds onwettige erwe reg teenaan die erfgrenslyn van die Pellissierwoonbuurt uitgelê en beset. Die grootskaalse grondbesettingsaksie, wat tot gevolg het dat derduisende mense Saterdag erwe op munisipale grond naby die Rooidam in Lourierpark uitgesit het, blyk nou amper soos ‘n veldbrand te versprei.

Hoewel Rosestad-nuus nog nie bevestiging kon kry van enige spesifieke voorvalle van ernstige gewelddadige optrede nie, het ‘n private sekuriteitskonsultant gesê, wanneer dinge so gespanne raak soos hier, is die uitbreek van geweld, ongelukkig ‘n nare waarskynlikheid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×