Die eerste week van Desember kan in die Vrystaat as ‘n bloedbad bestempel word, weens talle moorde wat gedurende hierdie tyd in die provinsie gepleeg is.
Meeste van die moordslagoffers was boonop vroue en kinders, binne ‘n tydperk wat juis daaraan toegewy is om die geweld teen vroue en kinders hok te slaan.
Volksblad plaas ‘n samevatting waarvolgens ‘n 8-jarige meisie van Lindley se liggaam vroeër die week agter ‘n kerk op die dorp gekry is.
’n 32-jarige onderwyser van Welkom, is Saterdagoggend in sy huis vermoor, terwyl ’n 73-jarige vrou van Arlington ook in ‘n onverwante voorval vermoor is.
Die 16-jarige Machaka Radebe se liggaam is net buite Bloemfontein gekry, nadat haar ontvoerder glo ‘n losprys vir haar lewe geëis het.
Op 2 Desember is ’n vrou voor die tronk in Ficksburg vermoor. En ‘n Man van Lesotho het op die eerste dag van die maand met die liggaam van sy vrou by die Ficksburg-polisiekantoor opgedaag.
Hy het haar glo ten tyde van ‘n argument vermoor.