Groot dele van die land ervaar tans ʼn hittegolf met versengende temperature wat so hoog as 35 grade Celsius kan styg.
Gauteng, Noordwes, Vrystaat en die Oos-Kaap word die ergste geraak.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat die warm weer na verwagting tot môre sal duur.
Die weerdiens sê dit is te wyte aan ‘n hoëdrukstelsel in die atmosfeer wat ‘n toename in oppervlaktemperatuur tot gevolg gehad het.