Groot getalle bruin sprinkane kom steeds in die Namakwa- en Upington-streke voor

Die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervoming sê groot getalle bruin sprinkane kom steeds in die Namakwa- en Upington-streke voor. Die gebied gaan ook gebuk deur ‘n voortslepende droogte. Die woordvoerder van die departement, Zandisile Lupahla, sê die aanduidings is dat die swerms sprinkane uit Namibië kom. Hy sê die grootste probleem is dat sommige boere, veral dié op kommunale grond, nie die voorkoms van sprinkane aanmeld nie sodat dit bestry kan word nie.

Luister na potgooie hieronder