Alhoewel die Johannesburgse metro die geboue naby Breestraat veilig verklaar het waar die ontploffing Woensdag voorgekom het, het polisie die afgesperde gebied vergroot namate die krake versprei het. EWN berig ‘n siviele ingenieur, Johan La Grange, het gesê die krake versprei padlangs en nie na die geboue nie. Die toestand in die gebied word deurentyd dopgehou. La Grange het gesê die gas-pyplyn onder die pad waar die ontploffing gebeur het, is beveilig. Die presiese bron van die gas-ontploffing is egter nog nie bepaal nie, alhoewel bespiegel word dat dit weens rioolgas kan wees weens swak instandhouding van die rioolsisteem.
