Groot ontevredenheid in die Mangaung-metro nadat Centlec direkteure se kontrakte verleng word

Netwerk24 berig daar is groot ontevredenheid in die Mangaung-metro omdat Lebohang Masoetsa, waarnemende uitvoerende burgermeester, die kontrakte van Centlec se direkteure verleng het sonder goedkeuring van die metroraad.

Die elektrisieteits verspryder van die Mangaung-metro se voorsitter, Nthimotse Mokhesi, wat beskuldigde nommer 1 is in die asbesdaksaak van R255 miljoen, se kontrak is ook verleng.

Netwerk24 het afskrifte bekom van die briewe waar elke direkteur se kontrak met ‘n maand, vanaf 1 Oktober tot 31 Oktober, verleng word.

Masoetsa sê egter die metroraad sal Dinsdag ‘n nuwe direksie vir Centlec aanstel.

Luister na potgooie hieronder