Die omvang en geweld van gister se studente oproer by al die kampusse van die Universiteit Vrystaat, en veral die hoofkampus waar groot skade aan geboue aangerig is, het die universiteit-bestuur onkant betrap, het die rektor en vise-kanselier van die UV, prof Francis Petersen, vanoggend tydens ‘n media konferensie gesê. Die mediese kafeteria is geplunder en talle ruite is stukkend gegooi. Daar was reeds ‘n geruime tyd probleme met die nuwe uitbetaling-stelsel van Nsfas beurse en onderhandelinge met Nsfas het selfs vanoggend voortgegaan, het Petersen gesê. Die polisie het gister 14 studente, waarvan agt by die hoofkampus, vir openbare geweld in hegtenis geneem. Die studente sal binnekort in die hof verskyn luidens ‘n verklaring van die polisie se woordvoerder, Lt Kol Thabo Covane. Petersen het gesê die universiteit gaan ook dissiplinêre stappe neem teen die oproeriges.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×