‘n Afslaer kon sy oë nie glo toe hy in ‘n ou skuur instap en die groot versameling veteraan motors sien wat vir dekades onaangeraak was en onder ‘n stofkombers geparkeer staan. Joff van Reenen, hoof-afslaer van Creative Rides het aan IOL gesê hy het op die versamelstukke afgekom nadat die kinders van Oom Louis Coetzer, bekend as Suid-Afrika se grootste versamelaar van klassieke motors in 2020 oorlede is.
Coetzer en sy vrou, Hermien is in ‘n motorongeluk oorlede. Die kinders het reeds talle van hul pa se versamelstukke verkoop en eers onlangs die 200 motors vol stof in ‘n skuur ontdek op ‘n afgeleë plaas in die Oos-Kaap wat die Coetzer-familie ook wou verkoop. Hierdie fonds bring die totaal van Coetzer se versameling veteraan motors op 600 te staan. Die grootste versameling veteraan motors nog in Suid-Afrika.