Grootskaalse verwoesting aan die kus van Florida word met orkaan Milton verwag.
Die Amerikaanse President Joe Biden het die inwoners van Florida vriendelik versoek om die gebied te ontruim vir hul eie veiligheid. Tans het die reaksie op die president se versoek gelei tot ekstra vlugte wat die gebied ontruim en verkeersophopings op die paaie veroorsaak.
BBC het berig dat die Departement van Korrektiewe Dienste meer as 4 600 gevangenes tot dusver uit die pad van die verwagte orkaan geskuif het. Volgens CBS News voorspel die Nasionale Orkaansentrum dat Milton die kus van Florida môreoggend om 08:00 (Suid-Afrikaanse tyd) sal tref, maar moontlik met ‘n kategorie vier-sterkte in plaas van vyf, soos vroeër berig.
Lees ook:
*Biden smeek Florida-inwoners om te ontruim en
*Meer as 4600 Gevangenisse word uit orkaan Milton se pad ontruim