Grootskaalse skade aangerig aan Bloemfontein skool tydens inbraak

Die President Steyn Hoërskool in Bainsvlei Bloemfontein was die nuutste slagoffer van ‘n inbraak.

Volgens die skoolhoof, Mnr Meyer, was dit ‘n totale inbraak en nie net vandalisme nie.

Volgens Meyer is klaskamers se deure afgebreek om die televisies te steel.

Hy sê hulle het ook by die skool se snoepie ingebreek om voorraad te bekom.

Meyer sê dat in die proses kan gesien word op die skool se CCTV-kamera sisteem hoe ‘n verdagte met sy masker na die kamera loop en die kamera stikkend slaan.

Hy sê talle CCTV-kameras het in die slag gebly.

Rosestad Nuus het met Meyer in kontak getree en hy sê die polisie is daar saam die forensiese-span.

Meyer sê die skool sal aangaan soos normaal.

Luister na potgooie hieronder