Gru-botsing in Bloemfontein eis die lewe van 4 mense

‘n Gru-botsing vroeg Sondagoggend in Bloemfontein het die lewe van 4 mense ge-eis terwyl ‘n vyfde persoon ernstig beseer is.

Die ongeluk het op die N8 naby Ooseinde plaasgevind toe ‘n voertuig met ‘n hoë spoed teen ‘n boom vasgejaag het.

Trauma Response Africa sê na die slag het die voertuig by ‘n wal afgetuimel en op sy dak in die Bloemspruit-stormwaterkanaal beland.

Luidens ‘n verklaring van TRA op Netwerk24 het hulle met hulp van verskeie ambulansdienste, die Mangaung-brandweer en insleepdienste toegang tot die motor gekry.

Die bestuurder was die enigste oorlewende.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Kol. Thandi Mbambo, sê die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Luister na potgooie hieronder