Gru-botsing in Bloemfontein eis die lewe van 6 mense

‘n Gru-botsing in Bloemfontein Saterdagaand omstreeks ses uur het die lewe ge-eis van 6 mense.

Netwerk24 berig dié ongeluk op die N8 buite Bloemfontein het die lewe van ‘n baba, drie minderjariges en twee volwassenes ge-eis toe ‘n bakkie en
‘n motor in ‘n botsing betrokke was.

Woordvoerder van die nooddiesnte in die Vrystaat, Sipho Towa, sê 15 mense was in die botsing betrokke.

Towa sê dat vyf mense is op die toneel dood verklaar, terwyl ‘n negejarige kind kort na haar aankoms by die hospitaal oorlede is.

Die ander nege mense is na die Pelonomi Hospitaal en Mediclinic Bloemfontein geneem.

Dit is tans nog onbekend wat die ongeluk veroorsaak het.

Luister na potgooie hieronder