Gru-motorongeluk eis drie in Bloemfontein

‘n Gru-motorongeluk Vrydagaand in Bloemfontein het die lewe van 3 jongmense ge-eis, toe die bestuurder van ‘n Nissan 1400-bakkie, beheer oor die bakkie verloor het, en teen ‘n boom vasgery het.

Netwerk24 berig die insittendes was twee mans en ‘n vrou.

Volgens brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die Vrystaat polisie, word ‘n saak van strafbare manslag ondersoek.

Makhele sê die ongeluk het omsreeks half-11 die aand plaasgevind.

Al drie insittendes het kopbeserings opgedoen en moes uit die wrak gesny word. Lede van die nooddienste het hulle op die toneel dood verklaar.

Luister na potgooie hieronder