Israeliese soldate het gister van huis tot huis gegaan om die liggame van ma’s, pa’s, kinders en baba’s in die Kfar Aza-kibboets te verwyder. Euro News berig die Hamas vegters het Saterdag by die huise in die plaasgemeenskap naby Gaza in die huise ingebars en volwassenes en kinders in hul beddens doodgemaak, het Itai Verruv, ‘n weermagbevelvoerder tydens ‘n nuuskonferensie gesê. Die gemeenskap van 750 inwoners bestaan meestal uit gesinne met jong kinders. Dit was ‘n slagting, van die slagoffers is onthoof, het hy gesê. Intussen het Israel Gaza deurnag met bomme bestook. Minstens 900 is dood en 4-duisend 600 is beseer. Die BBC berig Israel se Weermag het vanoggend gesê hulle het meer as 70 teikens op die Gaza strook in die Daraja-Tuffah-gebied deur lugaanvalle getref wat as infrastruktuur deur Hamas gebruik word.
