Gun Free SA beweer dat vuurwapens nie veel werd is vir beveiliging nie

Gun Free South Africa verwelkom die wysigingswetsontwerp aan die Vuurwapenwet, en sê dit sal wetgewing in Suid-Afrika laat inpas by wêreldwye norme en standaarde.

Volgens Adele Kirsten, direkteur van die GFSA, het internasionale navorsing bewys dat vuurwapens vir selfverdediging mense wel veiliger kan laat voel, maar in werklikheid is hulle nie veiliger nie.

Kirsten het aan Netwerk 24 gesê dat, alhoewel Nieu-Seeland en Brittanje vuurwapens vir selfverdediging verbied, die twee lande van die laagste vlakke van vuurwapengeweld toon.

Kirsten dui ook aan dat FBI-navorsing in Amerika getoon het, dat iemand in besit van vuurwapen se kans om tydens ‘n aanval geskiet te word, vier tot vyf keer groter is as iemand sonder ‘n vuurwapen.

Luister na potgooie hieronder