Gun Free South Africa beoog om die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die regbank aanspreeklik te hou vir die versuim om wapens van huishoudelike geweldplegers te verwyder.

Gun Free South Africa se direkteur, Adele Kirsten, het gister tydens die bekendstelling van die ‘Removing the Trigger’-veldtog gesê dat beide die polisie en die regbank ‘n rol speel. SABC Nuus berig Kirsten sê vier vroue word elke dag in wapenverwante voorvalle in Suid-Afrika doodgemaak.

Die 2022/2023 verslag toon dat vier-duisend vroue deur hul mans of mansvriende doodgemaak is. ‘n Derde van die voorvalle sluit vuurwapens in. 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×