Omstrede sakemanne Ajay Gupta en Anil Gupta is in Indië in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by die dood van ‘n prominente bouer in Dehradun.

Volgens Times of India is die twee broers Vrydag deur die polisie in hegtenis geneem omdat hulle na bewering bygedra het tot die selfmoord van Satyendra Singh Sahni. IOL berig in sy selfmoordbrief wat aan Eerste Minister Narendra Modi gerig is, het Sahni gesê dat die Gupta-broers hom al ‘n geruime tyd dreig, wat daartoe gelei het dat hy sy eie lewe geneem het.

Die bouer het genoem dat die broers hom onder druk geplaas het oor finansiële sake wat met ‘n vennootskapsprojek verband hou. Daar was prima facie bewyse om die twee sakemanne in hegtenis te neem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×