Hoofde van provinsiale onderwysdepartemente en LUR’e vir onderwys moet so gou moontlik omvattende planne indien om finansiële wanpraktyke reg te stel.

Dit nadat die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, gesê het die basiese onderwyssektor in Suid-Afrika verkeer onder geweldige finansiële druk.

Volgens Maroela Media sê sy voorts indien daar nie dringend ingegryp word nie, kan verskeie provinsiale onderwysdepartemente binne ʼn kwessie van maande heeltemal bankrot speel.

Die volhoubaarheid van dienslewering moet ook verseker word.

Gwarube het kort ná haar aanstelling aan die einde van 2024 ʼn omvattende finansiële hersiening van al nege provinsies van stapel gestuur. Dié ontleding het ’n duidelike patroon van finansiële agteruitgang blootgelê.

error: Inhoud is beskerm !!