Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het ‘n dringende vergadering met die minister van Finansies, Enoch Godongwana, versoek om moontlike oplossings vir begrotingsbesnoeiings in die onderwyssektor te bespreek.
Dit kom nadat die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, ‘n begroting vir vervoer- en voedingskemas aangekondig het om onderwysers se werk te red.
Gwarube het vanoggend tydens ‘n media-inligtingsessie gepraat.
Sy sê hulle het ‘n deeglike ontleding van die begrotingsuitdagings in elke provinsie gedoen. Gwarube sê die departement het ‘n duideliker prentjie van waar die grootste begrotingsdruk lê en hulle moet met die Nasionale Tesourie in gesprek tree om hierdie uitdagings aan te spreek.