Die Toyota Vrystaat Cheetahs is oorgehaal om die naweek álles in die stryd werp wanneer hy in Bloemfontein teen die Vodacom Bulls uitdraf.

Hoewel die spanne se amptelike uitspook vir ‘n plek in die Curriebeker-eindstryd Saterdag om drie-uur begin, is Cheetah-ondersteuners se aanloop tot die wedstryd reeds in volle swang.

Donderdag se “Oranje-dag” is een van die geesbou-hoogtepunte, wanneer die spelers die stad sal deurkruis om hul tande van gereedheid te wys.

Die hekke maak Saterdag om elfuur oop.

Mense word daaraan herinner om blikkieskos as skenking ten bate van die Engo-liefdadigheidsorganisasie saam te bring.

Besoek fscheetahs.co.za vir alles wat jy oor Saterdag se wedstryd-reëlings moet weet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×