Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, het gesê daar is meer as 500-duisend onafgehaalde slim ID-kaarte by hul kantore. Hy het egter gesê die syfer beteken nie dat ‘n halfmiljoen mense nie in die komende verkiesing sal kan registreer of stem nie. Hy sê van die aansoekers het steeds groen strepieskode-ID’s en het om slimkaarte aansoek gedoen. Motsoaledi en die Verkiesingskommissie het die parlement se Komitee vir Binnelandse Sake ingelig oor die kommissie se gereedheid vir die naweek se kiesersregistrasietog voor die algemene verkiesing in 2024.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×