Halssnoer-moord word vermoed, nadat die erg verbrande liggaam van ‘n man in die veld naby Bethlehem in die Vrystaat gevind is. Luidens ‘n polisieverklaring het die oorledene oorblyfsels om sy lyf gehad, van dit wat ‘n buiteband kon wees.

‘n Man wie vee in die omgewing opgepas het, het Saterdagmiddag op die slagoffer afgekom en het die polisie ontbied. ‘n Saak van moord word ondersoek en mense met inligting moet asseblief dringend met die polisie in verbinding tree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×