‘n Hamas-afvaardiging is in Suid-Afrika om ‘n internasionale beraad in Johannesburg oor solidariteit met die Palestyne by te woon. Die groep beoog volgens Netwerk 24 om die sogenaamde leuens van die Israeliese regering oor Hamas se aanval op 7 Oktober uit die weg te ruim. Dit, volgens ‘n lid van die afvaardiging, Emad Saber, Hamas se hoof van Internasionale betrekkinge vir Afrika. Volgens Saber het Mandla Mandela, kleinseun van oudpres Nelson Mandela die Hamas-afvaardiging genooi na ‘n beraad wat Africa4Palestine insluit. Die beraad, wat die naweek plaasvind, sal bekendstaan as die vyfde internasionale konvensie van Solidariteit met Palestina. Hamas sal ook met politieke party vergader om hulle op hoogte te bring van Israel se aanval. Saber het gesê hulle is nie ‘n terreurgroep nie maar ‘n bevrydingsorganisasie. Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad het intussen gesê hulle is gewalg deur Hamas se teenwoordigheid in die land.

error: Inhoud is beskerm !!