Die Israeliese Weermag, of IDF, het gesê Hamas-vegters wat tussen burgelikes by die ingang van die Al-Qoeds-hospitaal in Gazastad geskuil het, het op sy soldate geskiet. Volgens die IDF het ‘n geveg uitgebreek waarna die Hamas-groep uitgewis is. Volgens Sky News is daar met vuurpylaangedrewe granaatwerpers, of RPG’s, en kleiner wapens uit die rigting van die hospitaal op die IDF se soldate gevuur. Luidens die verklaring is ‘n tenk in die geveg beskadig en het sommige van die Hamas-vegters na die skietery in die hospitaal gaan wegkruip. Die IDF het gesê 21 terroriste is dood. Dit is onduidelik of burgelikes beseer is. Die IDF het gesê hulle het gesien hoe burgelikes die hospitaal verlaat terwyl terroriste wat uit ander geboue kom het, tussen hulle weggekruip het.