Marwan Issa, ‘n leier van Hamas, is in ‘n Israeliese lugaanval dood. Dit, volgens Jake Sullivan, ‘n nasionale veiligheidsraadgewer van die Withuis. BBC berig Issa was die adjunk-bevelvoerder van Hamas se militêre vleuel, die Izzad-Din al-Qassam brigade en is die mees senior leier van Hamas wat sedert 7 Oktober in die oorlog sterf.

Die Israeliese media het berig Issa is dood toe die Israeliese weermag ‘n tonnelstruktuur onder die Nuseirat-vlugtelingkamp geteiken het. Issa was beskou as een van die mees gesoekte mans. Die Europese Unie het hom ook op sy swartlys vir terroriste geplaas en hom direk verbind met die aanval op Israel op 7 Oktober.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×