Drie seuns en vier kleinkinders van die Hamas-leier Ishmail Haniyeh, is tydens ‘n lugaanval in Gaza dood. Maroela Media berig die Israeliese weermag sê Haniyeh se seuns was lede van Hamas se militêre vleuel en was glo oppad om terreur aktiwiteite uit te voer toe hul motor naby Gazastad geteiken is.

Die BBC berig die familielede was oppad na ‘n gesinsviering om die eerste dag van die Moslem-vakansie van Eid te vier. Die aanval wat Woensdag plaasgevind het, kom te midde van samespreking in Kaïro vir ‘n skietstilstand en die moontlike vrylating van gyselaars. Daar is tot op hede nog geen teken van ‘n deurbraak nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×