Die hoof van Hamas se politieke operasies, Ismail Haniyeh, het met Iran se minister van buitelandse sake vergader voor ‘n reis na Egipte vir verdere besprekings oor ‘n nuwe gyselaars ooreenkoms. Iran International het beeldmateriaal vrygestel waar Haniyeh hand skud met Hossein Amir-Abdollahian in Katar. Haniyeh gaan volgens Sky News vandag na Egipte reis. Dit kom te midde van gesprekke vir ‘n nuwe ooreenkoms wat na aanvanklike vordering ‘n dooiepunt bereik het. Hamas het Dinsdag in ‘n verklaring gesê hulle sal nie onderhandel terwyl Israel voortgaan met sy oorlog in Gaza nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×