Die ooreenkoms dat Hamas gyselaars sal vrylaat, was gisteraand weer op koers nadat ‘n geskil oor die noodvoorraad vir die noordelike deel van die Gaza-streek opgelos is danksy die bemiddeling van Katar en Egipte. ‘n Palestynse amptenaar het gesê Hamas sal voortgaan met die vierdaagse skietstilstand met Israel, die eerste sedert gevegte sewe weke gelede uitgebreek het. Reuters berig nadat die struikelblokke uit die weg geruim is, is 39 Palestynse burgerlikes gisteraand vrygelaat. Terselfdertyd het 13 Israeliese gyselaars en sewe buitelanders Gaza verlaat, het ministerie van buitelandse sake van Katar gesê.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×